Wikipedia:Geselshoekie

Sien ook:
- Wikipedia:Welkom nuwelinge wat veral op nuwelinge gemik is.
- Wikipedia:Gebruikersportaal vir nuttige skakels vir alle gebruikers.
- Wikipediabespreking:Geselshoekie vir bespreking van die toekoms van hierdie bladsy.
- Taalforum vir besprekings oor taalprobleme. Die juiste terme, spellings ensomeer.
Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die
2004-06 | 2007-09 | 2010 |
2011 | 2012 | 2013 |
2014 | 2015 | 2016 |
2017 | 2018 | 2019 |
2020 | 2021 | 2022 |
2023 | 2024 | 2025 |
Hoe word 'n argief aangelê? |
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon () te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans
Oorvloed saadjies
[wysig bron]Nikolai Kurbatov het in die eerste helfte van Maart alleen byna duisend saadjies van twee sinne elk geskep. Is dit vir almal aanvaarbaar? Is gestremdheid 'n verskoning om te doen wat jy wil? Wat is ons diepte deesdae? ~ Burgert (kontak) 13:11, 15 Maart 2025 (UTC)
- Hallo Burgert, jou redenasie hieroor mag 100% in die kol wees, maar dit gaan jou niks baat nie. Vir sommige mense is saadjies van 2 sinne die eutopia, hulle vind nie fout daarmee nie. (Sien Saadjieplanters, reeds in Junie 2017 geskryf.) Groete,
Aliwal2012 13:30, 15 Maart 2025 (UTC)
- Ons diepte is tans 35, was 43 op 'n tyd. Groete! Oesjaar (kontak) 14:30, 15 Maart 2025 (UTC)
- Voel lankal ons moet aan mnr Kurbatov 'n limiet stel. Iets soos "5 sinne of niks". Ek is seker daar is baie atlete waaroor mens 5 sinne kan skryf, as dit nou atlete moet wees. Ek is terloops ook oortuig dat hy dit om 'n ander rede opstel as om tot 'n ensiklopedie by te dra. Hy stel dit op as 'n databasis tot 'n ander, waarskynlik persoonlike projek, en af.wiki is die stortingsterrein. Dat hy werklik gestremd is weet ons seker ook nie. Minstens een ander gebruiker het ons arm gedraai/afgepers met sy sterflikheid. JMK (kontak) 16:38, 16 Maart 2025 (UTC)
- Ons diepte is tans 35, was 43 op 'n tyd. Groete! Oesjaar (kontak) 14:30, 15 Maart 2025 (UTC)
Hy skep duisende sulke saadjies op verskeie Wikipedias en oor verskeie onderwerpe, en dis alles masjienvertaal. ~ Burgert (kontak) 16:58, 16 Maart 2025 (UTC)
- Kurbatov beheer 'n geoutomatiseerde skep van artikels, dit is baie duidelik. Sy verweer is dat hy nie Afrikaans magtig is nie en daarom nie "vleis" kan aansit aan sy saadjies nie. Ons sit nou met ons hande in ons hare! --
Aliwal2012 17:16, 16 Maart 2025 (UTC)
- My gevoel, hy het die einde van sy pad hier bereik. Saadjies is goed maar daar moet balans wees. Groete! Oesjaar (kontak) 17:40, 16 Maart 2025 (UTC)
- Stem. Die groeipotensiaal van hierdie saadjies is zero. JMK (kontak) 18:53, 16 Maart 2025 (UTC)
- Ek stem saaam. As jy nie Afrikaans magtig is nie, gaan skep artikels in 'n taal wat jy ken. ~ Burgert (kontak) 18:08, 17 Maart 2025 (UTC)
- Stem. Die groeipotensiaal van hierdie saadjies is zero. JMK (kontak) 18:53, 16 Maart 2025 (UTC)
- My gevoel, hy het die einde van sy pad hier bereik. Saadjies is goed maar daar moet balans wees. Groete! Oesjaar (kontak) 17:40, 16 Maart 2025 (UTC)
Grootte van saadjies
[wysig bron]Gemeenskap, die ander siekte wat nou sy kop uitgesteek is dat artikels met drie (soms vier) paragrawe nou skielik saadjies is. Waar het die outeurs die inligting gekry? Geraai? Ek stel voor dat saadjies beperk word tot een paragraaf van maksimum vier sinne. Groete! Oesjaar (kontak) 16:42, 17 Maart 2025 (UTC)
- Ek stem saam. Die meeste van ons saadjies is glad nie saadjies nie, ~ Burgert (kontak) 18:11, 17 Maart 2025 (UTC)
Flora van Suid-Afrika
[wysig bron]Gemeenskap, neem kennis asb dat Gebruiker:SAplants vanaf gister besig is om na foto's te kyk op 'n paar genera. Dit is na aanleiding van navrae van my kant af. Die gebruiker is prof. Abraham Erasmus van Wyk, die plantkundige. Ek het hom ook gevra om seker te maak dat veranderinge in ons Wikipedia, Wikidata, Commons en andertalige Wikipedia's deur getrek word. Ek het ook Gebruiker:Rooiratel gevra om die prof te help met die tegniese dinge, hy het ingestem! Dankie Rooiratel. Elke verandering gaan 'n verbetering wees. Groete! Oesjaar (kontak) 05:41, 18 Maart 2025 (UTC)
- Lei af dat daar 'n tipe van rekonsiliasie van items is, maar verder verstaan ek niks hiervan nie. JMK (kontak) 08:46, 21 Maart 2025 (UTC)
De Zuid-Afrikaan: sterk aan te beveel!
[wysig bron]Mense, naandsê.
Ek het heel toevallig hierdie maand op De Zuid-Afrikaan afgekom, nadat ek deur eggsa.net gesoek het na koerante. Vandaar is ek verwys na die argief op die Universiteit van Stellenbosch se webwerf.
Ek is regtig verstom hoe onderbenut die bron is, want jy kan op die statistiekskakel sien hoeveel mense die koerant afgelaai of besoek het.
Laat ek dit baie mooi stel: dit strek vanaf 1830 tot 1910. Mense - dit is vanaf voor die Groot Trek tot Uniewording. Laat dit bietjie insink.
Goed, as jy nou eers gewoond raak aan die advertensies van donkies en perde en mense wat wegloop (want drade was daar nie), dan gaan mens aangenaam verras wees hoe vinnig wetgewing binne 2 maande se tyd vanaf die afdelingsraad van 'n plattelandse dorpie tot binne-in die parlement in die Kaap beland. Die besprekings om hierdie tafel word opgesom. En dit is van onskatbare waarde. Die feit dat daar ander moontlikhede was, maar 'n besluit geneem moes word.
En weet jy - die standpunte is werklik logies, vir daardie tyd. Maar dit kos net een stemmery, en dit bepaal waar ons vandag is.
Ek het maar net met Januarie 1904 begin, en klaar bevind jy jou gou in die middel van die Russies-Japannese oorlog wat woed oor Mantsjoerye en Korea. Die Chinese, wat eintlik in hierdie stryd vasgevang is (wel, dit is Noordoos China), word na Suid-Afrika ingevoer om goedkoop in die myne te kom werk. (Ek glo nie dit sal vandag met die Oekraïeners gedoen word nie...). Jy volg letterlik die verwikkelinge dag vir dag. Die eerste 1 052 kom met die Tweeddale in Durban op 20 Junie aan. 3 van hulle is reeds dood, en 40 het beri-beri. Maar vitamines is nog nie ontdek nie - is beri-beri aansteeklik? word gevra.
Jy lees ook van die builepes wat in Johannesburg uitgebreek het, maande voordat die Chinese voet aan wal gesit het. En die reaksie weer daarop.
Die redakteur, Onze Jan Hofmeyr, fokus duidelik op wetgewing wat vir sy boerelesers van belang is: guano-wette, spoorweë wat bespreek en oopgemaak word; 'n luiperd of twee wat gevang is; jakkalssterte wat nie meer lonend is om vir 10 sjielings te jag nie - die probleem word nie uitgeroei nie, maar juis aangeteel (cobra effect?) - jakkalsdraad is die toekoms; rookwette wat vir diegene onder 18 voorgestel word (want dit vertraag verstandsontwikkeling); Scheepers se graf wat soek is; 'n pleidooi om 'n matrieke stelsel in te voer (21 April 1904 se koerant); die sensus; 654 bandiete wat teen 2 pennie per dag aan De Beers verhuur word (die eerste 400, 3 pennies per dag vir elkeen daarna) waarvan die geld in die staatskis beland; Hermanus het maar ses- of sewehonderd mense; Transkei se passtelsel reik 9 242 passe uit - die meeste om in Transvaal te gaan werk; 'n pleidooi om die Taalmonument op Burgersdorp te herstel; die kompensasiewette wat nog vir die Anglo-Boereoorlog plek-plek opgestel moet word...
Hofmeyr stel dit hom duidelik ten doel om opvolgwerk te doen van elke wet van belang.
Daar is absoluut legio om uit te put - en dit net in die eerste 6 maande van 1904 wat ek pas gelees het. Ongelukkig moet jy die koerante handmatig deurlees, soos 'n gedrukte koerant - die soekfunksie werk nie.
Tussen die doodsberigte deur is daar ook advertensies en kennisgewings. As jy mooi let op die boedels en veilings, sal jy ook gou agterkom hoe, waar treinstasies gekom het - of dit nou Moorreesburg was, of Ceres, vou die wamakerye op 'n streep. En tog, sê Dr. Viljoen omtrent die Caledon-lyn die volgende: "Was die oorlog niet gekomen en waren hun paarden en vee niet weggenomen, dan zou mens met karren en wagen tegen den spoorweg hebben gewedijverd." - Interessante siening.
Dit voel miskien soos los feite, maar jy sien patrone aan die opbou, soos donderwolke.
Voorts het jy lesersbriewe wat hul klagtes van hul dorp opper. Soos Bredasdorp wat 10 uur se ry van Swellendam en Caledon is, maar net 1 dokter op die dorp het.
Of vergaderings van die Afrikanerbond word per streek bespreek. Die Taalbond-eksamens. Soms word skoue (soos die een op Robertson) in detail bespreek en wie die beste melktert gebak of die mooiste koek het. As jy gelukkig is, word matriekuitslae gegee - 'n massiewe eer daardie tyd.
En soms, die vreemdste goed, soos hierdie raat teen slangbyt, in die koerant van 30 Junie 1904:
Sny 'n waterskilpad keelaf, vang die bloed op, laat die water verdamp, maak dit droog, maal die bloed fyn en maak daar poeier van. Sny 'n kruis oor die bytplek en strooi net 'n mespunt van die bloedpoeier oor die word. Solank die lyer vomeer moet dit herhaal word. "Deze is een raad die nimmer faalt."
Ek sou wat wou gee om De Volksstem van Pretoria te lees - ek dink dit is twee wêrelde en kulture se verskil; en tog, so aanvullend.
Maar ieder geval, net soos delpher.nl, gebruik dit! Suidpunt (kontak) 19:32, 18 Maart 2025 (UTC)
Japannese politici
[wysig bron]Gemeenskap, ek sien daar is 'n IP-anonieme gebruiker wat saadjies oor Japannese politici sonder bronne skep. Hul gebruik waarskynlik Google Translate, want die kwaliteit van die Afrikaans in daardie artikels is swak. Kan iemand asb inspring en iets doen? Ek sou wil, maar ek verdrink tans met opstelle/toetse. Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 15:52, 20 Maart 2025 (UTC)
- Hulle is hier: Japannese politici, neem ek aan. JMK (kontak) 08:49, 21 Maart 2025 (UTC)
Kevin Nyerere
[wysig bron]Gebruiker:Aliwal2012 het my skerp veroordeel op my gebruikersblad omrede ek die artikel oor Kevin Nyerere geskrap het. Terloops, dit was die 2de keer reeds vandag dat ek die artikel geskrap het. My motivering, die eerste artikel het geen bronne gehad nie. Die tweede artikel het twee bronne gehad wat nie een die feite van die artikel ondersteun nie. Tweendens, siende dat die persoon, waaroor die artikel handel, so belangrik is sou mens verwag dat daar eerstens in die Swahili Wikipedia (moedertaal van Tanzanië en sy moedertaal ) en tweedens in die Engelse Wikipedia artikels oor hom sou wees. Niks! Uit nuuskierigheid het ek sy naam ge-Google, die feite daar en waaroor die artikel handel verskil heelwat. Daar word na hom vernoem as prins, Tanzanië as 'n land het nooit 'n koningskap gehad nie. Die artikel het my laat dink aan die gedoente oor Prins Dlamini van Eswatini so 'n maand of twee terug. Absolute SPAM.
Julle is welkom om handelswyse te beoordeel. Groete! Oesjaar (kontak) 17:43, 22 Maart 2025 (UTC)
- @Oesjaar: ek dink nie die artikel was 'n kandidaat vir spoedige verwydering nie omdat die artikel aandui waarom die onderwerp moontlik van ensiklopediese belang mag wees:
![]() |
... hy [is] bekend vir sy pan-Afrikanistiese aktivisme, filantropiese werk en ondersteuning van kontinentale ontwikkelingsinisiatiewe. |
![]() |
- Ek dink die artikel moet eerder vir bladsyverwydering genomineer word sodat die gemeenskap insae kan lewer. – Pynappel (kontak) 20:28, 22 Maart 2025 (UTC)
- Sien wat is so pas uit Julius Nyerere teruggerol as Cross-Wiki spam, maar ek is die idioot...Oesjaar (kontak) 21:09, 22 Maart 2025 (UTC)
- Ek kon slegs 'n Italiaanse artikel van Forbes kry en 'n toevallige Italiaanse koerantberig oor hom. Want hy bly daar al 30 jaar lank. Die artikels is geweldig woordryk, maar sê eintlik nie veel wat hy doen nie. Die algehele indruk wat ek kry is dat hy maar in die son van sy vader bad. Dit sou sinvoller wees om te debatteer, te oordeel aan die rits aantal koerantartikels en publisiteit daarbuite, of Deon Steyn 'n artikel moet kry. (En daar gooi ek soos Eris nou 'n twisappel tussen die godinne binne.) Suidpunt (kontak) 21:58, 22 Maart 2025 (UTC)
- Net vir die rekord, een van Wikimedia se permanente werknemers wou 'n artikel oor my skryf wat sy iewers wou plaas, ek het geweier. My woorde was: ...daar sal geen artikel oor enige Afrikaanse gebruiker geplaas word nie totdat die Afrikaanse Wikipedia nie die erkenning kry wat dit verdien nie. Oesjaar (kontak) 08:10, 23 Maart 2025 (UTC)
- As hulle het ophou om af.wiki doelbewus weg te steek sal dit reeds 'n groot verbetering wees. JMK (kontak) 10:24, 25 Maart 2025 (UTC)
- Net vir die rekord, een van Wikimedia se permanente werknemers wou 'n artikel oor my skryf wat sy iewers wou plaas, ek het geweier. My woorde was: ...daar sal geen artikel oor enige Afrikaanse gebruiker geplaas word nie totdat die Afrikaanse Wikipedia nie die erkenning kry wat dit verdien nie. Oesjaar (kontak) 08:10, 23 Maart 2025 (UTC)
- Ek kon slegs 'n Italiaanse artikel van Forbes kry en 'n toevallige Italiaanse koerantberig oor hom. Want hy bly daar al 30 jaar lank. Die artikels is geweldig woordryk, maar sê eintlik nie veel wat hy doen nie. Die algehele indruk wat ek kry is dat hy maar in die son van sy vader bad. Dit sou sinvoller wees om te debatteer, te oordeel aan die rits aantal koerantartikels en publisiteit daarbuite, of Deon Steyn 'n artikel moet kry. (En daar gooi ek soos Eris nou 'n twisappel tussen die godinne binne.) Suidpunt (kontak) 21:58, 22 Maart 2025 (UTC)
- Sien wat is so pas uit Julius Nyerere teruggerol as Cross-Wiki spam, maar ek is die idioot...Oesjaar (kontak) 21:09, 22 Maart 2025 (UTC)
Voorbladbeeld
[wysig bron]Ek sien daar is geen voorbladbeeld op die voorblad nie. Kan iemand help asb? SpesBona is met verlof iewers. Groete! Oesjaar (kontak) 07:05, 24 Maart 2025 (UTC)
Uitgevoer
Aliwal2012 07:37, 24 Maart 2025 (UTC)
- Eastern lubber grasshopper het ek op Commons vertaal as Oostelike lummelsprinkaan, want "lubber" beteken "big, clumsy person", en "lummel" in Afrikaans beteken "groot, dikwels onhandige of ongemanierde vent", en in Nederlands "vervelend, lomp of onbeholpen persoon". As dit goedkeuring vind kan die "lubber" op die voorblad verander word na lummel-. JMK (kontak) 10:20, 25 Maart 2025 (UTC)
Ons bereik die hoë bome...
[wysig bron]Gemeenskap, hierdie het vandag onder my aandag gekom, nadat Dr. Mariëtta Alberts my ingelig het hieroor. Soos ek reeds vermeld het, gooi ek so nou en dan 'n paar taal tegniese tamelejies na haar kant toe! Luister asb na die hele gesprek en ons kom op 15 min ter sprake! Taaldinge.
Dan bevestig ek ook dat ek, Sobaka en Woordgenoot beurtelings weekliks op OvervaalFM en Overberg FM vir 5 -10 minute gesels. Groete! Oesjaar (kontak) 17:18, 25 Maart 2025 (UTC)
- Dankie vir die skakel. Van die 12:00 merk af is daar 'n paar belangrike opmerkings. Sy noem bv. dat sy 'n artikel geskryf het, "maar baie min mense lees dit." Ons voorstel moet wees: vra die uitgewer om jou te vergun om die artikel onder 'n CC-by-SA-04 lisensie beskikbaar te stel. As "CC-by-SA-04" onder die artikel staan weet ons dat dit na wikibooks, wikisource of wikiversity opgelaai kan word. En dan gaan dit weer en weer gelees word. Net soos ons wikipedia bekend stel moet ons ook hierdie lisensie bekend stel vir diegene wat op 'n indirekte manier kan bydra. As 'n plakaat bv. hierdie lisensie toon kan ons dit afneem of kopieer, en oplaai. JMK (kontak) 07:28, 27 Maart 2025 (UTC)
- Die besoekerstatistiek sal baie mense verbaas. Ek het wel vantevore genoem mense se Google-instellings het baie hiermee te doen. Maar tog kry jy uitskieters wat mens nie sou verwag nie. Ek het byvoorbeeld Wetenskapstaal geskryf, en totaal daarvan vergeet. Maar op 3 Desember 2023 was daar, uit die bloute, skielik 113 bladtrekke na maande van 0. Op een dag. En selfs in Januariemaand nog is skielik 55 bladtrekke op 28 tot 29 Januarie gelees. Troos julle daaraan - in ons dorpsbiblioteke is daar boeke wat 8 tot 10 jaar gelede laas uitgeneem is. Selfs 'n boekie soos Jan Kompanjie van Dan Sleigh [wat help om die VOC te verduidelik], is in 2016 laas uitgeneem. En waar iemand soos Joachim Nikolaus von Dessin 'n spooksel sou gebly het in die Biografiese Woordeboek, is daar tog so nou en dan iemand wat hom hier op die Afrikaanse Wikipedia besoek.
- Ek het Moorreesburg fyn dopgehou. Daar was 'n tydperk in Februarie toe ek nie baie gewerk het nie, en tog was die besoekstatistiek baie hoër as gewoonlik. Toe sien ek by hul museum se Facebook-blad staan daar, op 18 Februarie: "Aandag alle Graad 4 leerders wat informasie soek oor die plaaslike geskiedenis taak. Die museum sal oop wees tot 16:45 tot en met 27 Februare 2025 om julle van hulp te wees." Toe ek jaar op jaar kyk - is die statistiek in Februarie en Augustus altyd die hoogste - selfs al was daar niks geskryf nie. Elke. Liewe. Jaar. Soos 'n sonhorlosie wat die jaarlikse bloedoffer van 'n maagd vir die huisgode aandui. Niemand weet eers meer hoekom dit gedoen word nie, maar dit is nou maar 'n instelling. Suidpunt (kontak) 09:19, 27 Maart 2025 (UTC)
- Suidpunt, daar is ook 'n soortgelyke verskynsel by die Afrika-selakant met besoeke. Duidelik skool take. Groete! Oesjaar (kontak) 06:08, 28 Maart 2025 (UTC)
Japannese saadjies
[wysig bron]Gemeenskap, ek is nou gatvol vir die aanhoudende vrag Japannese politikussaadjies wat hier op ons gestort word! Ek het waar moontlik die (IP adres)- anonieme bydraers gevra om eerder tyd te neem om meer aanvaarbare artikels te skep, sonder welslae! Dit is onmoontlik dat 10 IP-adresse onafhanklik van mekaar, op bykans dieselfde tyd Japannese politieke saadjies gaan skep! Dit is dieselfde persoon. Ons soek artikels met die nodige, leesbare bronne asb! Waar kry hulle die inligting, raai? As julle van my verskil, is julle welkom!
Ons as Admins en Burokrate se een taak onder andere is om sulke situasies te bestuur. Myns insiens kan een persoon maks. 3 saadjies skep, as hy nie will leer om beter artikels te skep nie - dan is dit nou maar so! As ons dit bly toelaat gaan die situasie vererger. Groete! Oesjaar (kontak) 08:19, 26 Maart 2025 (UTC)
- Verder tot my opmerkings hierbo oor Saadjies, sien Afrikaanse Wikipedia, daar word 3 keer deur Akademici verwys na die feit dat ons artikels oor die algemeen kort is. Ons is nou verby die stadium waar ons moet probeer beïndruk met die aantal artikels maar eerder met die kwaliteit en hoe groter hoe beter! Groete! Oesjaar (kontak) 11:52, 26 Maart 2025 (UTC)
Aandagstreep vs koppelteken
[wysig bron]Party mense sit 'n aandagstreep tussen datums (b.v geboortedatum en sterfdatum) en ander gebruik 'n koppelteken.
Volgens my AWS woordelys & spelreëls (11de uitgawe) gebruik mens 'n koppelteken (reël 12.7)
Onder die afdeling oor aandagstrepe kan ek nie 'n reël of voorbeeld vind vir datums nie.
Is die koppelteken die korrekte gebruik? - Rooiratel (kontak) 10:51, 26 Maart 2025 (UTC)
- Ek verbeel my Gebruiker:Burgert Behr het al aandagstrepe met koppeltekens tussen datums vervang met die wysigingsopsomming "koppelteken is reg" of iets dergeliks. En hy sal weet. – Pynappel (kontak) 13:02, 26 Maart 2025 (UTC)
- Ek verkies die aandagstreep, dit lees baie makliker vir ons met brille!
Aliwal2012 13:07, 26 Maart 2025 (UTC)
- Die Taalkommissie erken net die koppelteken. ~ Burgert (kontak) 22:56, 28 Maart 2025 (UTC)
- Ek verkies die aandagstreep, dit lees baie makliker vir ons met brille!
Koppel aan Engelse Wiki, asb
[wysig bron]Koppel asseblief die aanstuur Nywerheidsektor aan die Wikidata item industrial sector, soortgelyk aan die Engels Industry (manufacturing), ter wille van die lys van ontbrekende artikels. Ek kan nie. Nywerheidsektor is maar baie soos Nywerheid, maar hoort eintlik myns insiens by Sekondêre sektor. Dankie! Thermofan (kontak) 13:11, 27 Maart 2025 (UTC)
- Jammer Thermofan, maar 'n aanstuur kan nie aan iets anders gekoppel word nie, weens "a conflict of interest" met die teikenbladsy! Groete,
Aliwal2012 13:30, 27 Maart 2025 (UTC)
- Ai tog! Die Engelse het dit dan reg gekry. Industry (manufacturing) is 'n aanstuur. Hoe nou gemaak om die simpel missing page nota weg te kry? Thermofan (kontak) 14:15, 27 Maart 2025 (UTC)
- Ek het 3x probeer, die sagteware sê:
- Ai tog! Die Engelse het dit dan reg gekry. Industry (manufacturing) is 'n aanstuur. Hoe nou gemaak om die simpel missing page nota weg te kry? Thermofan (kontak) 14:15, 27 Maart 2025 (UTC)
Could not save due to an error.The save has failed. The link afwiki:Sekondêre sektor van die ekonomie is already used by Item Q55639. You may remove it from Q55639 if it does not belong there or merge the Items if they are about the exact same topic. If the situation is more complex, please see Help:Sitelinks.
- --
Aliwal2012 14:31, 27 Maart 2025 (UTC)
- Baie dankie. Dit dan seker nou daar gelaat, tot daar besluit word dat die lys van kern artikels weer opgedateer moet word. Thermofan (kontak) 06:42, 28 Maart 2025 (UTC)
- --
- @Rooiratel:, kan jy dalk jou oog hieroor laat gly... Groete! Oesjaar (kontak) 06:58, 28 Maart 2025 (UTC)
- Hallo almal, ek is bewus van die probleem. En ek sal 'n soortgelyke wikidata aanstuur doen soos enwiki.
- Ek moet net nou onthou hoe om dit te doen. - Rooiratel (kontak) 07:13, 28 Maart 2025 (UTC)
Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 07:17, 28 Maart 2025 (UTC)
- Uhuh Rooiratel, Nywerheidsektor ('n aanstuur) is nog steeds nie geskakel nie. Ek het julle gesê dit sal nie werk nie.
Aliwal2012 08:05, 28 Maart 2025 (UTC)
- Ja, dit was nie wat die probleem veroorsaak het nie. Die lys van ontbrekende artikels wat @Thermofan na verwys kyk na d:Q8148 en dit is nou waar ek die "probleem" opgelos. @Thermofan, Die bladsy sal eers aan die begin van die volgende maand verskyn. - Rooiratel (kontak) 11:38, 28 Maart 2025 (UTC)
- Uhuh Rooiratel, Nywerheidsektor ('n aanstuur) is nog steeds nie geskakel nie. Ek het julle gesê dit sal nie werk nie.
- @Rooiratel, ek sien nou eers dat die Nywerheidsektor aanstuur wel aan Q8148 gekoppel is op wikidata, maar dit het nog nie na die Afrikaanse Wikiblad deurgewerk nie. Dit sal seker in die volgende dag of twee reg vertoon, dan sal daar hopelik geen ontbrekende artikels wees nie. Ek hoop nie die nuwe artikel Vervaardigingsektor veroorsaak konflik nie.
- Hierdie alles is 'n mooi voorbeeld van wat ek dink Dr. Mariëtta Alberts op die Taaldinge program gesê het: vermy sinonieme in terminologie om duidelikheid te bevorder. Dit is myns insiens nie die Afrikaanse wikigemeenskap wat die swetterjoel "nywerheid" -sinonieme daargestel het nie. Thermofan (kontak) 09:23, 28 Maart 2025 (UTC)
- @Thermofan ek sien nou jy het Vervaardigingsektor geskep. Moet ek dit nou eerder aan d:Q8148 koppel in plaas van om die wikidataitem aan te stuur na Nywerheid soos enwiki dit doen? - Rooiratel (kontak) 11:40, 28 Maart 2025 (UTC)
- @Rooiratel, ja, miskien is dit beter, as die gemeenskap instem. Kan die Afr beskrywing en sinoniem op Q8148 dalk maar asb. weer terug gestel word na "nywerheidsektor" en "industriële sektor". Baie dankie vir die hulp! Thermofan (kontak) 12:42, 28 Maart 2025 (UTC)
- Ja ek kan dit doen. Wil jy dan hê ons moet Nywerheidsektor ('n aanstuurbladsy) skrap, en jou Vervaardigingsektor bladsy se naam verander na "Nywerheidsektor"? - Rooiratel (kontak) 12:49, 28 Maart 2025 (UTC)
- @Rooiratel, ruil die name om, maar los asb 'n aanstuurbladsy. Dankie!!
Uitgevoer @Thermofan is jy tevrede? Kan ek nou ook Nywerheidsektor koppel aan d:Q8148? - Rooiratel (kontak) 14:50, 28 Maart 2025 (UTC)
- Heeltemal reg so. dankie. Koppel Nywerheidsektor. Die wikidata blad is ongelukkig beskerm, so ek kan dit nie self doen nie. Groete. Thermofan (kontak) 21:00, 28 Maart 2025 (UTC)
Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 21:46, 28 Maart 2025 (UTC)
- @Rooiratel, ruil die name om, maar los asb 'n aanstuurbladsy. Dankie!!
- Ja ek kan dit doen. Wil jy dan hê ons moet Nywerheidsektor ('n aanstuurbladsy) skrap, en jou Vervaardigingsektor bladsy se naam verander na "Nywerheidsektor"? - Rooiratel (kontak) 12:49, 28 Maart 2025 (UTC)
- @Rooiratel, ja, miskien is dit beter, as die gemeenskap instem. Kan die Afr beskrywing en sinoniem op Q8148 dalk maar asb. weer terug gestel word na "nywerheidsektor" en "industriële sektor". Baie dankie vir die hulp! Thermofan (kontak) 12:42, 28 Maart 2025 (UTC)
- @Thermofan ek sien nou jy het Vervaardigingsektor geskep. Moet ek dit nou eerder aan d:Q8148 koppel in plaas van om die wikidataitem aan te stuur na Nywerheid soos enwiki dit doen? - Rooiratel (kontak) 11:40, 28 Maart 2025 (UTC)
Die Nyerere's...
[wysig bron]Gemeenskap, dit lyk vir my ons gaan gepla word met artikels oor die familie vir die volgende paar dae... Standbeeld van Julius Nyerere (Afrika-unie) het geen bronne nie en bestaan nie eers in sy moedertaal, Swahili, nie, ook nie Engels nie. Kevin I Nyerere van Tanzania is 'n bemarkings poging en bestaan ook nie in Engels of Swahili nie.
Sien Wikipedia:Bladsyverwydering.
Groete! Oesjaar (kontak) 05:42, 28 Maart 2025 (UTC)
- Dan moet ons hulle net eenvoudig skrap. - Rooiratel (kontak) 07:19, 28 Maart 2025 (UTC)
- Jy bedoel seker tweevoudig skrap? Daar is 2 ongewensde artikels?
- Ag, ek sal dit sommer namens julle doen, ek het 'n lekker dik kokipen!
Aliwal2012 07:48, 28 Maart 2025 (UTC)
Uitgevoer
Aliwal2012 07:51, 28 Maart 2025 (UTC)
- Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 09:11, 28 Maart 2025 (UTC)
Vlieg (dier)...
[wysig bron]Gemeenskap, moet dit nie eerder na ''Vlieg (insek)'' geskuif word nie? Groete! Oesjaar (kontak) 13:38, 28 Maart 2025 (UTC)
- Haai, ek het ook so gedink vroeër vandag!
Aliwal2012 14:15, 28 Maart 2025 (UTC)
Vervang van taksoboks met spesieboks m.b.v. robot
[wysig bron]Gemeenskap, Gebruiker:Oesjaar het my gevra om {{Taksoboks}} met {{Spesieboks}} in sponssaadjies te vervang. Ek wil graag my robot daarvoor aanwend. Het enigiemand enige besware? @Oesjaar: moet dit net vir artikels in Kategorie:Sponsdiere gedoen word, of vir alle artikels wat {{Taksoboks}} gebruik? – Pynappel (kontak) 15:59, 28 Maart 2025 (UTC)
- Pynappel op die lang termyn moet alle taksoboks sjablone vervang word. Ek doen die flora per hand want ek bring op dieselfde tyd verbeteringe aan, in kort - maak my eie gemors reg! Ja, na 3 jaar waar ek intensief met die Flora werk het, het ek heelwat geleer en prof. Braam van Wyk is 'n groot hulp! Ek stel voor doen eers die sponse, dan kyk ons na die fauna. Groete! Oesjaar (kontak) 16:09, 28 Maart 2025 (UTC)
- Ek ondersteun die poging. Maar toets dit eers met 1 - 10 artikels totdat jy tevrede is, dan kan jy maar laat waai. - Rooiratel (kontak) 16:14, 28 Maart 2025 (UTC)
- Pynappel op die lang termyn moet alle taksoboks sjablone vervang word. Ek doen die flora per hand want ek bring op dieselfde tyd verbeteringe aan, in kort - maak my eie gemors reg! Ja, na 3 jaar waar ek intensief met die Flora werk het, het ek heelwat geleer en prof. Braam van Wyk is 'n groot hulp! Ek stel voor doen eers die sponse, dan kyk ons na die fauna. Groete! Oesjaar (kontak) 16:09, 28 Maart 2025 (UTC)
- @Oesjaar en Rooiratel: geliewe die voorbeeldwysigings op die volgende artikels na te gaan:
- Hierdie wysigings:
- Vervang die lyn
{{Taksoboks
met{{Spesieboks
- Vervang
| w-naam =
of| binomial =
met| taxon =
- Verwyder die afkappingstekens in die binomiale naam
- Vervang die lyn
- Ek stel voor dat hierdie taak slegs bogenoemde wysigings aanbring en dat verdere wysigings in 'n ander taak aangebring word. Dit vergemaklik die nasien van hierdie taak en die skryf van die robot se bronteks. Die bronteks is hier gepubliseer. – Pynappel (kontak) 22:44, 28 Maart 2025 (UTC)
- @Pynappel en Rooiratel:, hier vertrou ek op Rooiratel se opinie. Julle is die kundiges, ek soek net die taak voltooi! Dankie vir jou moeite so ver! Groete! Oesjaar (kontak) 07:04, 29 Maart 2025 (UTC)
- @Pynappel dit lyk goed en voldoen die vereistes. Gaan maar voort.
- As jy meer wil doen kan jy kyk na kode wat ek ook geskryf het vir dieselfde taak hier. (Ek weet Python en Rust is nie baie dieselfde nie, maar jy kan maar sien al die ekstra dinge wat ek in my kode gedoen het.) Rooiratel (kontak) 15:26, 30 Maart 2025 (UTC)
- @Pynappel en Rooiratel:, die getal Taksoboks sjablone het gedaal van 12,000+ tot 7,200+. Goed gedoen. Is die sponse klaar? Groete! Oesjaar (kontak) 10:51, 4 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar: die sponse is klaar. Laat weet indien jy een kry wat nie gedoen is nie of indien ek die robot op 'n ander kategorie moet laat loop. – Pynappel (kontak) 10:53, 4 April 2025 (UTC)
- @Pynappel en Rooiratel:, ek dink ons moet dan met die visse begin. Sedert ek hulle 10 jaar gelede geskep het, is daar nie veel daaraan gewerk nie. Groete! Oesjaar (kontak) 11:02, 4 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar: die sponse is klaar. Laat weet indien jy een kry wat nie gedoen is nie of indien ek die robot op 'n ander kategorie moet laat loop. – Pynappel (kontak) 10:53, 4 April 2025 (UTC)
- @Pynappel en Rooiratel:, kan julle dalk vir my die genus Ochna se taksobokse met spesiebokse vervang? Groete! Oesjaar (kontak) 17:37, 12 April 2025 (UTC)
Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 03:45, 13 April 2025 (UTC)
Skelm verskuiwing?
[wysig bron]Het julle opgemerk dat die duimnael ("tab") vir Onlangse wysigings in die kantbalk vanaand sewe plekke ondertoe gespring het in die lysie?
Iemand het weer gaan krap waar dit nie jeuk nie Wonder maar net! -- Aliwal2012 19:31, 28 Maart 2025 (UTC)
- Dit was ek, en dit was nie skelm nie maar in die openbaar (soos alles op Wikipedia). Die admins is gevra (meta:Tech/News/2025/13) om die skakel na die Spesiale bladsye in die kantbalk by te voeg, so ek het dit gedoen. Sien MediaWiki:Sidebar Skuif dit maar op as dit jou pla. - Rooiratel (kontak) 21:43, 28 Maart 2025 (UTC)
- Dankie, nou weet ons ook! Ek het dit weer opgeskuif in die lys, my wysvinger was gewoond om dit 40x per dag links bo te kliek. Groete,
Aliwal2012 06:58, 29 Maart 2025 (UTC)
- Ondersteun!!! Myne ook! Groete! Oesjaar (kontak) 07:02, 29 Maart 2025 (UTC)
- Dankie, nou weet ons ook! Ek het dit weer opgeskuif in die lys, my wysvinger was gewoond om dit 40x per dag links bo te kliek. Groete,
Marion Erskine
[wysig bron]Gemeenskap, ek betwis die neutraliteit van die artikel. Ek het reeds 'n klomp bemarkings dinge verwyder. Wat is die sjabloon vir die betwisting van neutraliteit? Groete! Oesjaar (kontak) 16:29, 30 Maart 2025 (UTC)
- @Oesjaar gebruik {{NPOV}} - Rooiratel (kontak) 18:24, 30 Maart 2025 (UTC)
Dankie aan die Gemeenskap...
[wysig bron]Gemeenskap, ek het vandag met prof. Karen de Wet van die Afr. Dept by UJ gesels. Sy het gevra dat ek al ons gebruikers wat bydraes maak net dankie sê! So klop julle self op die skouer of iets... Dankie julle! Groete! Oesjaar (kontak) 12:12, 2 April 2025 (UTC)
- My beskeie bydrae staan vandag op 200 250 wysigings op alle taalwiki's & projekte sedert 31 Maart 2012 (13 jaar). Dankie vir julle voortgesette hulp!
Aliwal2012 08:24, 3 April 2025 (UTC)
KI en crawlers...
[wysig bron]Gemeenskap, hier is iets interessant vir julle om te lees. Ek verneem graag wat julle siening is. https://diff.wikimedia.org/2025/04/01/how-crawlers-impact-the-operations-of-the-wikimedia-projects/
Groete! Oesjaar (kontak) 06:48, 3 April 2025 (UTC)
- Ek kla nie. En Wikimedia kla met die witbrood onder die arm. Kom ek sê hoekom: die feit dat spiders en crawlers enorm besig is in die agtergrond, kan seker as wonderlike aanduiding dien watter soekwoorde mense in 'n dag na soek. Ek kan nou kyk watter "spiders" 'n blad besoek op PageViews, en koppie krap watter inligting hulle versamel. Google Trends en Keywordtooldominator is feitlik al wat ons op 'n manier help om te kyk waarna mense soek. As jy weet waarna mense soek, en aanhoudend na soek, kan jy min of meer 'n idee kry wat om na te vors. As Wikimedia egter weet waarvandaan die data-sentra kom wat met ons kallers ploeg - hoekom nie vir hulle uitnooi vir 'n "volhoubare" oplossing nie? LEER ONDERHANDEL. Ons lewer gratis inligting, sodat mnr KI deur advertensies ryk word 🤑 (of die niksvermoedende, kwylende selfoontikkers se inligting aan derde-partye verkoop - en stuur eksklusiewe data terug aan Wikipedia, wat slegs deur Wikipediane besigtig kan word). Die een hand was tog die ander, sou ek reken? Suidpunt (kontak) 12:48, 3 April 2025 (UTC)
- Wikimedia kla omdat dit moeilik en duur is om al die netwerk verkeer te hanteer en bestuur. Maar dit is onvermydelik dat bots die internet sal oorneem. Nie in die sin dat hulle die enigste sal wees wat dit gebruik nie (en:Dead internet theory), maar dat die meerderheid van die verkeer van 'n geoutomatiseerde bron af sal kom. 'n Mens kan net so veel dinge op een slag op die internet doen, en doen dit stadig. 'n Bot hou nooit op nie.
- So die is 'n "probleem" vir die mensdom om op te los. En die probleem is nie dat bots die internet gebruik nie, die probleem is hoe kan ons die internet infrastruktuur skaal om al hierdie ekstra netwerk verkeer te hanteer. Dit is al. - Rooiratel (kontak) 09:26, 4 April 2025 (UTC)
- Ek ruik 'n cloudflare binnekort (en mens, is dit hinderlik!); teen hul beleid in, maar ja. Of, hulle kan sekere bots toelaat, of nie. Suidpunt (kontak) 10:35, 4 April 2025 (UTC)
- Wonder of Wikimedia 'n Content Delivery Network gebruik? Dalk doen hulle, maar is dit steeds duur weens die hoeveelheid data wat gebruik word. – Pynappel (kontak) 11:23, 4 April 2025 (UTC)
Die nuutste besoekstatistieke
[wysig bron]Gemeenskap, sien die nuutste besoekstatistiek: Maandeliks. Dit is net onder die 2,4 miljoen en neem geleidelik maandeliks af sedert Januarie. My persoonlike mening is dat die klomp saadjies oor veral politici weinige aftrek kry by ons gebruikers en lesers. Moet ons eerder fokus op langer artikels en meer wetenskaplike onderwerpe dek? Ek hoor graag julle mening... Groete! Oesjaar (kontak) 06:55, 3 April 2025 (UTC)
- Ja, dit vat nie veel om 'n artikel van minstens 'n skerm lank te skryf nie. Al daardie duisende saadjies oor sportmense het absoluut niks vir Wikipedia gedoen nie. ~ Burgert (kontak) 09:13, 3 April 2025 (UTC)
- Ek stel voor ons "mass delete" al daardie Olimpiese deelnemers wat Nikolai Kurbatov sedert Oktober gestig het. Dan sal ons wiki se statistiek waarskynlik verbeter!
Aliwal2012 09:56, 3 April 2025 (UTC)
- Hallo! As ek probeer om hulle aan te vul, kan hulle gered word? Nikolai Kurbatov (kontak) 10:36, 3 April 2025 (UTC)
- Ek dink nie daar is enige gevaar dat dit geskrap kan word nie, ek (en hopelik ander) sal dit heftig teenstaan. Daar is prosedures en standaarde waarvolgens artikels geskrap word en dit het te doen met sake soos die gebrek aan ensiklopediese waarde, selfbemarking ens en nie die grootte van die artikels nie. So ek daag diegene wat dit wil doen om al daardie artikels te gaan lys onder Kandidate vir Verwydering en ons debatteer dit daar. Om aan die Olimpiese spele deel te neem is verseker noemenswaardig soos bewys word dat al daardie artikels afkomstig is van Wikipedia’s in ander tale. Enigiemand kan bydra en ook oor waaroor hulle wil en hoe hulle wil. Kennis is breed en diep. Gebruiker:Nikolai Kurbatov het kennis geneem van die kommer oor die vloedgolf van daardie atleet artikels en het nou sy fokus verskuif na ou rolprente wat baie meer waarde toevoeg. Maar dit wat hy voorheen geskep het bly. Ons bou aan ‘n ensiklopedie en statistieke is net ‘n hulpmiddel nie ‘n doel nie. Sobaka (kontak) 11:11, 3 April 2025 (UTC)
- Hallo! As ek probeer om hulle aan te vul, kan hulle gered word? Nikolai Kurbatov (kontak) 10:36, 3 April 2025 (UTC)
- Ek stel voor ons "mass delete" al daardie Olimpiese deelnemers wat Nikolai Kurbatov sedert Oktober gestig het. Dan sal ons wiki se statistiek waarskynlik verbeter!
- Die derduisende saadjies wat destyds m.b.v. 'n robot oor akteurs en aktrises geskep is, het bewys dat bydraers wel later wysigings aanbring ter ondersteuning van verwante artikels wat geskep en uitgebrei word, of soos nuwe inligting oor die onderwerp beskikbaar word, ens. 'n Saadjie het egter op sigself bestaansreg ongeag of dit ooit weer gelees of gewysig word. Selfs al word 'n saadjie net een keer oor een honderd jaar gelees, maar dit voldoen aan al die vereistes vir insluiting in die ensiklopedie, dan het dit waarde bygevoeg. Net omdat 'n artikel kort is of omdat 'n reeks kort artikels deur dieselfde gebruiker geskep is, beteken nie dat 'n leser nie in Afrikaans oor die onderwerp mag lees nie. En dan is daar ook die realiteit dat daar soms letterlik net een sin te sê is oor 'n onderwerp. Dit diskwalifiseer nie die onderwerp vir insluiting in 'n ensiklopedie nie. Indien Sannie aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem het en 'n medalje verower het en daar verder niks oor haar bekend is nie, dan beteken dit nie dat niemand oor haar mag weet nie. Sommige gebruikers het nie die vermoë of tyd om lang artikels van 'n hoë gehalte by te dra nie. Die enigste bydraes wat hulle gaan maak, is saadjies. Dit is 'n interessante onderwerp en ons gaan nog vir dekades hieroor debatteer. Dalk moet ons iewers 'n beleid vaslê om gebruikers na te verwys wanneer hierdie vraag weer opduik, amper soos die Ch/Sj-spellingvraag wat alewig by nuwe gebruikers ontstaan. Die Duitse Wikipedia het iets oor kort artikels te sê en dit verduidelik goed hoekom hulle in Wikipedia geduld word (wat die laaste paragraaf betref, het ons Wikipedia nog baie ver om te gaan voordat elke noemenswaardige onderwerp "lankal" reeds sy artikel het):
![]() |
Wikipedia is nie soos 'n gedrukte ensiklopedie wat in sy totale omvang beperk is nie en hoef dus nie daarop te fokus om slegs feite te beskryf nie. In plaas daarvan moet redes en verbande ook verduidelik word. Dit kan in sommige gevalle tot lang artikels lei wat oor baie skermbladsye strek voordat hulle as volledig beskou word; in ander gevalle, soos waar daar baie min feite beskikbaar is, kan alles wat oor die onderwerp bekend is reeds na 'n paar sinne geskryf wees.
Dit is in beginsel heeltemal moontlik om die meeste onderwerpe in net twee of drie sinne sinvol te behandel, maar dit moet goeie, betekenisvolle sinne wees. Só 'n kort artikel word 'n saadjie genoem. Baie kort artikels kan egter 'n probleem wees as hulle nie net kort is nie, maar ook swak: 'n Artikel wat byvoorbeeld na 'n halfhartige definisie, wat moontlik net 'n byaspek noem, dadelik oorgaan na kritiek, is in die meeste gevalle baie ongebalanseerd. Op die vraag hoe lank 'n artikel minimum moet wees om nie dadelik weer verwyder te word nie, is daar dus geen benaderde aantal karakters of sinne nie. Oor die algemeen geld: Nie die lengte van die artikel nie, maar die kwaliteit van die inhoud is beslissend. Dus kan 'n kort, maar uitstekend geskrewe artikel ensiklopedies waardevoller wees as 'n lang, maar kwalitatief swak artikel. Saadjies kan dus wel 'n groot nut vir die Wikipedia hê. 'n Artikel is in sy eerste weergawe soms 'n min of meer onvolledige "bouperseel" wat 'n sekere tyd nodig sal hê om te ontwikkel. Tog moet elke artikel reeds van die begin af die onderwerp gepas en in balans voorstel. Of en hoe vinnig 'n artikel verder ontwikkel, kan nie voorspel word nie en volg dikwels geen herkenbare logika nie – dit is genoeg as een persoon werklik met die onderwerp besig raak. 'n Besonders positiewe voorbeeld van so 'n ontwikkeling is die artikel oor Konrad Adenauer, wat baie kort begin het en tot 'n leeswaardige artikel ontwikkel het. 'n Algemene fout van beginners is die poging om in 'n kort tyd 'n reeks verwante, kort artikels te skep. Dit werk egter byna nooit, aangesien sulke artikels dikwels net 'n eenvormige definisie bevat wat dan vir elke artikel aangepas is, terwyl individuele aspekte van die onderskeie onderwerpe by hierdie oplossing agterweë bly. 'n Mens behoort eerder 'n artikel so lank uit te brei totdat daar geen materiaal meer oor die onderwerp te vinde is nie, en eers dan na die volgende onderwerp te beweeg. Onderwerpe wat dringend 'n artikel benodig, het vandag al lank een; dit gaan dus nie daaroor om soveel moontlik skakels blou te maak nie, maar eerder om minder, maar goeie artikels te lewer.
|
![]() |
- [ongetekende bydrae] – Pynappel (kontak) 11:54, 3 April 2025 (UTC)
Ek dink jy weerspreek jouself? Wil jy nou eintlik baie kort artikels of min lang artikels hê? ~ Burgert (kontak) 12:16, 3 April 2025 (UTC)
- Beide. – Pynappel (kontak) 12:59, 3 April 2025 (UTC)
- Beide. Wikipedia het nie net meer inhoud nodig nie, dit het beter inhoud nodig: sinvolle, langer artikels wat die leser boei en kort saadjies wat tog sinvol die onderwerp dek en die soekker se nuuskierigheid beantwoord. Dus: daar word meer bydraers benodig om meer besoekkers (klieks) te kry, en daar sal hopelik meer aktiewe bydraers bykom as daar meer mense AfWiki besoek... catch 22. (Nikolai se saadjies is nie skadelik vir die Wikipedia nie, dink ek, selfs al is dit kort. Ek stem ons los dit daar, of verbeter dit. Laat ons álmal wat probeer sinvol bydra, aanmoedig en behou.)
- Die Val Kilmer artikel het op my foon gewys as die top af:wiki artikel van die dag, toe wonder ek hoekom. Indien Google se verstek gestel is na Afrikaans, gee dit die Afrikaanse Wikipedia se bladsy oor jou soekwoord as 'n opsie, dus moet ons mense aanmoedig om Google na Afrikaans te stel, dan sal hulle meer Afrikaans lees.
- Kan iemand vir Viva vra om die RSG woord van die dag "verstek" ("wat is default in Afr?") te maak? Groete, Thermofan (kontak) 22:05, 3 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar dat ons meer saadjies het is beslis nie hoekom ons besoeksyfers afgeneem het nie. As langer artikels meer besoeke veroorsaak, sal die byvoeging van kort artikels geen effek hê nie, want die lang artikels is steeds daar. Ons Wiki groei elke dag, en ek kan jou belowe die skrap van duisende artikels sal ons nie help nie.
- @BurgertB daar is geen weerspreking nie. Daar is altyd plek vir kort, medium, en lang artikels. Niks keer enige iemand om lang artikels te skryf of om kort artikels uit te brei nie.
- @Aliwal2012 as jy bydra na ons wiki "vir die stats" is dit goed. Maar nie almal doen dit vir dieselfde redes nie. En ek belowe jou ook dat ons LESERS lees nie ons wiki vir die stats nie! As ons inhoud skrap is daar minder vir hulle om te lees, en minder rede vir hulle om ons wiki te besoek. - Rooiratel (kontak) 09:02, 4 April 2025 (UTC)
Saadjies
[wysig bron]Gemeenskap, ons word tans toegegooi met saadjies en ons kan nie so aangaan nie. Ek vra weer: kan ons as 'n gemeenskap die definise van 'n saadjie defineer as 'n artikel van maks. 4 sinne sonder bronne? Enige iets groter sonder bronne word as sodanig aangedui en gaan deur die Geen Bronne proses. Saadjies en rooiskakels het een ding in gemeen: dit stimuleer nie groei nie soos die hoop was nie. Die akademici kyk met 'n negatiewe oog na ons horde saadjies... Groete! Oesjaar (kontak) 08:06, 3 April 2025 (UTC)
- Stem saam. ~ Burgert (kontak) 09:10, 3 April 2025 (UTC)
- Reg so. Thermofan (kontak) 04:21, 4 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar is jou probleem met die hoeveelheid artikels met 'n "Saadjie" sjabloon, of met die hoeveelheid artikels wat kort is?
- Ek dink nie die Sjabloon beteken veel nie. Dit is maar net 'n maklike manier om kort artikels te merk vir uitbreiding.
- As jou probleem is met die kort artikels, dan is jy ook te blameer vir die probleem. Duisende artikels oor spesies wat net 'n kantbalk en 'n paragraaf van inhoud het is 'n saadjie volgens meeste mense se definisie van dit op Wikipedia.
- Persoonlik het ek glad nie 'n probleem daarmee nie. 'n Saadjie oor 'n olimpiese deelnemer is net so belangrik soos 'n saadjie oor 'n plantspesie. Nie al ons lesers stel belang in sport nie, en nie al ons lesers stel belang in plantkunde nie. Ons moet probeer om inhoud vir almal te skep. - Rooiratel (kontak) 09:09, 4 April 2025 (UTC)
- Reg so. Thermofan (kontak) 04:21, 4 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar en Rooiratel: wat dink julle daarvan om 'n saadjie vir elke spesie te skep? En wat van 'n saadjie vir elke nedersetting? Iets soos wat Lsjbot op die Sweedse Wikipedia gedoen het. Dit kan ons artikeltal tot bo 5 miljoen stoot, dus sal dit 'n aansienlike impak op ons statistieke hê. – Pynappel (kontak) 10:58, 4 April 2025 (UTC)
ASSEBLIEF TOG NIE Pynappel! As jy dit doen, word ons dadelik die stinkmuishond van Wikipedia. Ek was lank reeds aktief op die Cebuano Wikipedia toe "article count approaching 5 million" daar ter sprake gekom het en invloedryke bydraers (wêreldwyd) verag absoluut daai 5-miljoen botgeskepte artikels my vriend!
Aliwal2012 11:41, 4 April 2025 (UTC)
- Kom ons sorteer eers die taksoboks probleem uit alvorens ons aangaan met die volgende stap anders word die instandhoudings probleme net groter. Groete! Oesjaar (kontak) 11:16, 4 April 2025 (UTC)
- Wat van 10,000 botgeskepte saadjies oor die grootste nedersettings volgens bevolking? Nadat ons die taksonsjablone afgehandel het, natuurlik. – Pynappel (kontak) 12:25, 4 April 2025 (UTC)
- Kan jy nie lees nie?
Aliwal2012 12:32, 4 April 2025 (UTC)
- Ek het jou boodskap nou weer noukeurig deurgelees. Jy praat van 5 miljoen, ek praat van 10,000. Kyk ek iets mis? – Pynappel (kontak) 12:40, 4 April 2025 (UTC)
- @Pynappel persoonlik dink ek die volgende bladsye sal die meeste impak lewer: meta:List_of_articles_every_Wikipedia_should_have/Expanded. Daar is 'n klomp "kategorieë", en as jy 'n saadjie vir elk een van die bladsye wat ons nog steeds nie het nie kan skep sal dit baie beteken.
- Hierdie artikels is die wat op amper elke wiki bestaan, en dus is dit onderwerpe wat vir mense wêreldwyd van belang is. - Rooiratel (kontak) 12:48, 4 April 2025 (UTC)
- Ek het jou boodskap nou weer noukeurig deurgelees. Jy praat van 5 miljoen, ek praat van 10,000. Kyk ek iets mis? – Pynappel (kontak) 12:40, 4 April 2025 (UTC)
- Kan jy nie lees nie?
- @Oesjaar en Rooiratel: wat dink julle daarvan om 'n saadjie vir elke spesie te skep? En wat van 'n saadjie vir elke nedersetting? Iets soos wat Lsjbot op die Sweedse Wikipedia gedoen het. Dit kan ons artikeltal tot bo 5 miljoen stoot, dus sal dit 'n aansienlike impak op ons statistieke hê. – Pynappel (kontak) 10:58, 4 April 2025 (UTC)
Final mod.: Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines
[wysig bron]The proposed modifications to the Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines and the U4C Charter are now on Meta-wiki for community notice in advance of the voting period. This final draft was developed from the previous two rounds of community review. Community members will be able to vote on these modifications starting on 17 April 2025. The vote will close on 1 May 2025, and results will be announced no later than 12 May 2025. The U4C election period, starting with a call for candidates, will open immediately following the announcement of the review results. More information will be posted on the wiki page for the election soon.
Please be advised that this process will require more messages to be sent here over the next two months.
The Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. This annual review was planned and implemented by the U4C. For more information and the responsibilities of the U4C, you may review the U4C Charter.
Please share this message with members of your community so they can participate as well.
-- In cooperation with the U4C, Keegan (WMF) (talk) 02:04, 4 April 2025 (UTC)
Storting
[wysig bron]Gemeenskap, baie dankie aan @Woordgenoot: vir die artikel oor Storting (Noorse parlement). Ek het net 'n versoek: kan ons dié artikel asseblief skuif na Storting, aangesien daar vier rooi skakels is wat wag om blou te word (almal met dieselfde betekenis)? Ek hoor graag julle menings! Groete. -- SpesBona 13:15, 14 April 2025 (UTC)
- @SpesBona:, storting kan ten minste drie betekenisse hê. Ek sal voorstel dat bogenoemde net so bly en ons dalk eerder 'n dubbelsinnigheidsblad genaamd Strorting open. Groete! Oesjaar (kontak) 13:32, 14 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar: kyk maar wat van nl:Storting kan ons gebruik? Dan moet ons 'n dubbelsinnigheidsblad skep. Groete. --
SpesBona 13:40, 14 April 2025 (UTC)
- Ek stem saam met Oesjaar, die bladsy se titel moet bly soos dit is, en Storting moet 'n dubbelsinnigheid wees. - Rooiratel (kontak) 15:33, 14 April 2025 (UTC)
Uitgevoer @Oesjaar, Rooiratel, en Woordgenoot: baie dankie vir dié nuwe artikel. Groete. --
SpesBona 18:15, 14 April 2025 (UTC)
- Ek stem saam met Oesjaar, die bladsy se titel moet bly soos dit is, en Storting moet 'n dubbelsinnigheid wees. - Rooiratel (kontak) 15:33, 14 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar: kyk maar wat van nl:Storting kan ons gebruik? Dan moet ons 'n dubbelsinnigheidsblad skep. Groete. --
Die voorblad...
[wysig bron]Gemeenskap, ek sien die voorblad gee kodeblokkies vir die kleure, is dit reg? Moet dit nie eerder kleure self gegee het nie? Groete! Oesjaar (kontak) 05:22, 15 April 2025 (UTC)
Artikel oor Bot-geskepde artikels...
[wysig bron]Gemeenskap, lees die volgende: Bot -artikels Groete! Oesjaar (kontak) 07:34, 15 April 2025 (UTC)
- Dankie Oesjaar, gelees.
Aliwal2012 08:33, 15 April 2025 (UTC)
Paarl Post
[wysig bron]Gemeenskap, loer asb na bogenoemde! Ek dink die mense misbruik ons Wikipedia as bemarking. Julle mening asb. Groete! Oesjaar (kontak) 09:40, 16 April 2025 (UTC)
- Ja beslis, ek het die bemarking/pronk terug gerol! Plaas skryf Rasaad 'n paar nuwe wiki-artikels in sy vrye tyd!
Aliwal2012 09:57, 16 April 2025 (UTC)
Ukraine's Cultural Diplomacy Month 2025: Invitation
[wysig bron]
Help met die vertaal na uw taal
Hello, dear Wikipedians!
Wikimedia Ukraine, in cooperation with the MFA of Ukraine and Ukrainian Institute, has launched the fifth edition of writing challenge "Ukraine's Cultural Diplomacy Month", which lasts from 14th April until 16th May 2025. The campaign is dedicated to famous Ukrainian artists of cinema, music, literature, architecture, design, and cultural phenomena of Ukraine that are now part of world heritage. We accept contributions in every language!
The most active contesters will receive prizes.
If you are interested in coordinating long-term community engagement for the campaign and becoming a local ambassador, we would love to hear from you! Please let us know your interest.
We invite you to take part and help us improve the coverage of Ukrainian culture on Wikipedia in your language! Also, we plan to set up a banner to notify users of the possibility to participate in such a challenge! OlesiaLukaniuk (WMUA) (talk)
16:10, 16 April 2025 (UTC)
Wikimedia Suid-Afrika-beurse vir die 2025 Wikimania-konferensie
[wysig bron]Goeienaand almal
Ek verdrink tans in universiteitswerk, maar dis oukei. Ek wil net graag hierdie boodskap plaas om die Suider-Afrikaanse Afrikaanssprekende gemeenskap uit te nooi om aansoek te doen vir een van ses beurse wat deur die Wikimedia Suid-Afrika-afdeling befonds word om die 2025 Wikimania-konferensie in Nairobi, Kenia, by te woon.
Aansoeke sluit Sondag, 20 April 2025. U kan meer oor die beurs lees deur hierdie bladsy op Meta te besoek. U kan toegang tot die aansoekvorm kry via hierdie skakel: Wikimania 2025 Local Scholarship | Registration Form
Ons sien daarna uit om julle aansoeke te beoordeel! ;)
Laat dit goed gaan,
Jan-Hendrik
WMZA-Raadslid
Lefcentreright (kontak) 22:07, 16 April 2025 (UTC)
Vote now on the revised UCoC Enforcement Guidelines and U4C Charter
[wysig bron]The voting period for the revisions to the Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines ("UCoC EG") and the UCoC's Coordinating Committee Charter is open now through the end of 1 May (UTC) (find in your time zone). Read the information on how to participate and read over the proposal before voting on the UCoC page on Meta-wiki.
The Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. This annual review of the EG and Charter was planned and implemented by the U4C. Further information will be provided in the coming months about the review of the UCoC itself. For more information and the responsibilities of the U4C, you may review the U4C Charter.
Please share this message with members of your community so they can participate as well.
In cooperation with the U4C -- Keegan (WMF) (talk) 00:34, 17 April 2025 (UTC)
Gemeenskap, die artikel verwys na 'n vrou en die bronne na man. Dit bestaan ook nie op die Engelse Wikipedia nie. Kommentaar asb. Groete! Oesjaar (kontak) 18:48, 17 April 2025 (UTC)
- Haar man Trần Thiện Khiêm is noemenswaardig (was eerste Minister van Suid-Viëtnam) en het 'n Engelse Wikipedia bladsy. (Wat haar nie eers noem nie) Ek kon niks kry wat haar as noemenswaardig sou kon reken nie. Hulle het na die oorname van Suid-Viëtnam na Amerika gevlug. So twyfelagtig of sy noemenswaardig is, behalwe as iemand ander iets kan vind. Sobaka (kontak) 19:42, 17 April 2025 (UTC)
- Die bronne wat in die artikel aangehaal word, dui nie op noemenswaardigheid nie, plus die bronne is redelik swak (een is letterlik 'n Wordpress-blog). Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 21:08, 17 April 2025 (UTC)
Gemeenskap, loer asb deur dié artikel. Dit is uitgebrei van 6k tot 24k deur Gebruiker:Rethabloem, sonder dat sy een enkele bron weergegee het waarmee die feite nagegaan kan word (volgens Wikipedia-beleid). Hierdie gebruiker is die nuut aangestelde rektor van die kollege volgens hulle webblad. Hierdie artikel is nie neutraal nie, geskryf grotendeels as bemarking, bevat vele menings sonder statistiek om dit te beaam, en soos ek reeds gesê het, geen bronne nie.
As ons een skool toelaat om so te werk moet ons almal toelaat en julle kan net dink die gemors wat dit sal afgee!
Dit is ironies dat die Afrikaanse Wikipedia, wie se grootste vyand deesdae skole is (skole laat nie verwysings na Wikipedia toe nie), wel goed genoeg is vir skole om vir onder andere bemarking gebruik te word!
Julle mening asb!
Groete! Oesjaar (kontak) 17:50, 23 April 2025 (UTC)
- Nota: Taalversorsing van bg. deur jy-weet-wie. 20:20, 23 April 2025
- Ja dit is 'n probleem en ons skole-artikels is reeds 'n gemors om juis hierdie redes. Daar is ander voorbeelde. Die waarskuwingsjablone boaan help 'n bietjie. JMK (kontak) 19:33, 24 April 2025 (UTC)
AI-scrapers
[wysig bron]@Rooiratel: en @Pynappel:, julle mening oor die artikel soos verskyn op Wikipedia Weekly: Bot Scrapers
Groete! Oesjaar (kontak) 17:58, 23 April 2025 (UTC)
- Dit is 'n goeie ding. Nou gaan daar minder KI-"scrapers" wees wat besoek statistieke skeeftrek, en hulle kan almal op een plek die data kry en ons uit los. - Rooiratel (kontak) 19:44, 23 April 2025 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde is 'n 16 jarige klubsokker speler en daar is nie artikel oor hom op die Engelse Wikipedia nie. Die bronne is in 'n vreemde taal. Julle gedagtes? Groete! Oesjaar (kontak) 09:59, 25 April 2025 (UTC)
Gemeenskap, daar is amper 4k tot die artikel toegevoeg sonder enige bronne. Dit gaan oor 'n sensitiewe onderwerp. Ek beveel aan ons rol terug. Groete! Oesjaar (kontak) 10:45, 25 April 2025 (UTC)